NEEM DEEL AAN DIE MPO NEDBANK RENTMEESTERSKAP-TOEKENNINGS 2020

 

Mediaverklaring: vir onmiddellike vrystelling

MPO MEDIADAG

20 MEI 2020

Nomineer ’n goeie rentmeester!

Rolspelers in die bedryf word uitgenooi om nominasies in te dien vir die MPO Nedbank Rentmeesterskap-toekennings 2020 in medewerking met die Wêreldnatuurfonds (WWF) en The Dairy Mail. Indien jy weet van ’n melkboer wat die toonbeeld is van ’n goeie suiwel-rentmeester, word jy genooi om hom of haar te nomineer in die vierde jaarlikse Rentmeesterskap-toekenningskompetisie.

Genomineerde boere behoort in minstens drie van die volgende areas uit te blink:

  • Is hulle goeie rentmeesters van die grond?
  • Produseer hulle melk wat gesond, heilsaam en veilig is om te drink?
  • Word die diere en mense op die plaas met sorg en bedagsaamheid behandel?
  • Bestuur hierdie persoon ’n winsgewende melkonderneming?

Om in te skryf, voltooi die nominasievorm by mpo.co.za/nedbank-stewardship-awards-entry-form-2020/ en dien die inskrywing in by Barbara Bieldt, barbara@mpo.co.za teen 30 Junie 2020. Genomineerde boere moet die MPO 3P metric stewardship survey (3 P’s: people, planet, profitability) voltooi, wat deur ’n beoordelingsproses gestuur sal word om die drie finaliste te bepaal wat op die plaas besoek sal word vir ’n finale assessering. Genomineerde boere sal terugvoering ontvang gebaseer op die MPO 3P metric stewardship survey om hulle volhoubaarheidspogings verder te versterk. Die beoordelaarspaneel bestaan uit dr. Chris van Dijk – MPO, dr. Heinz Meissner – Melk SA, Sue Viljoen – WWF, en Jompie Burger – Suiwelstandaardagentskap.

Die wenner en naaswenner sal aangekondig word by die jaarlikse MPO-galageleentheid op 4 November. Nedbank borg pryse ter waarde van R80 000: R40 000 vir die wenner, R30 000 vir die naaswenner, en R10 000 vir die derde plek vir besteding op die plaas ten einde hul rentmeesterskap-doelwitte te bereik.

#Stewardship #Nedbank #WWFSouthAfrica #TheDairyMail #proudlySouthAfricanDairy #MPO #MilkProducersOrganisation

Published on Wednesday, 27th May 2020 - 14:21

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer