rating stars on yellow circle paper with blurred white calendar, ranking, survey, feedback, satisfaction, probation period

PROEFTYDPERK – DIE MOETS EN MOENIES deur Emmirenchia Loots

Werknemers is ’n waardevolle bate in die werkplek. Dit is dus baie belangrik om die regte persoon aan te stel, nie slegs met die regte kwalifikasies en ervaring nie, maar ook wat sal inpas by die werksomgewing en -kultuur. Die doel van ʼn proeftydperk is vir die werkgewer om te bepaal of die werknemer se prestasie aan die werkgewer se vasgestelde standaard voldoen. Die duur van die proeftydperk sal afhang van die aard van die werk; hoe meer kompleks die aard van die werk is, hoe langer sal die proeftydperk duur.

Alhoewel ʼn proeftyperk nie ʼn vereiste is in terme van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (75 van 1997) nie, maak die Wet op Arbeidsverhoudinge (66 van 1995) se kode vir goeie gedrag voorsiening vir ʼn proeftydperk om by die dienskontrak ingesluit te word. ʼn Dienskontrak is noodsaaklik in die bestuur van arbeidsverhoudinge aangesien dit die basis vorm van die verhouding tussen die werkgewer en werknemer. Dit is daarom belangrik om die proeftydperk in te sluit in die dienskontrak, omdat die kontrak die diensvoorwaardes en -bepalings uiteensit waarop die partye ooreengekom het.

DIE MOETS VAN ʼN PROEFTYDPERK

ʼn Werkgewer het die volgende wetlike verpligtinge met betrekking tot die implementering van ʼn proeftydperk:

  • maak dit duidelik dat die werknemer op ʼn proeftydperk is;
  • bevestig die duur van die proeftydperk;
  • stel redelike prestasiestandaarde;
  • spesifiseer en verduidelik die vereiste prestasiestandaard aan die werknemer;
  • evalueer en monitor die werknemer se prestasie gereeld teenoor die vasgestelde standaard;
  • lig die werknemer in oor tekortkominge in prestasie;
  • gee die werknemer die geleentheid om meer inligting te verskaf en die situasie vanuit sy/haar oogpunt te verduidelik;
  • verskaf die nodige bystand, leiding en opleiding aan die werknemer waar nodig; en
  • volg die korrekte dissiplinêre prosedure of die prosedure ten opsigte van swak werksprestasie, afhangende van die omstandighede.

DIE MOENIES VAN ʼN PROEFTYDPERK

Swak werksprestasie is ʼn al groter uitdaging in die werksplek. Dit verwys na ʼn werknemer wat versuim om die werkgewer se werksprestasiestandaarde in terme van gehalte en kwantiteit te behaal en te handhaaf. Die werkgewer kan nooit ʼn werknemer se dienste sommer net beëindig nie, selfs al is die werknemer op ʼn proeftydperk en presteer nie op die vereiste standaard nie. Dit kan lei tot ʼn eis van onbillike ontslag teenoor die werkgewer.

Arbeidswetgewing stel duidelike riglyne vir werkgewers vir die hantering van swak werksprestasie. Indien ’n werknemer sy/haar plig versuim ten spyte van bystand en ondersteuning om die vereiste standaard te behaal, word die werknemer onbevoeg geag en het die werkgewer die reg om die persoon af te dank. Dit is baie belangrik om kennis te neem dat die werkgewer onder geen omstandighede ʼn werknemer kan afdank sonder om die korrekte prosedure te volg nie. Alle afdankings moet altyd prosedureel en substantief billik wees.

Published on Friday, 19th November 2021 - 13:01

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer