Stewardship Awards 2018 – Afrikaans

18 April 2018

Vir onmiddellike vrystelling

Persvrystelling uitgereik deur dr. Chris van Dijk, uitvoerende hoof van die Melkprodusente-organisasie (MPO).

Nomineer ’n melkboer vir 2018 se rentmeesterskaptoekenning

Ná die suksesvolle bekendstelling van The Dairy Mail Rentmeesterskaptoekennings in 2017 nooi The Dairy Mail belanghebbendes uit om weer nominasies vir 2018 voor te stel.

In ooreenstemming met die strategiese visie van die Melkprodusente-organisasie (MPO) – volhoubare melkboerdery vir almal – wil The Dairy Mail ook goeie rentmeesterskap onder Suid-Afrikaanse melkboere erken en beloon. Daarom het die tydskrif verlede jaar die The Dairy Mail Rentmeesterskaptoekennings geloods.

Rentmeesterskap word eenvoudig gedefinieer as die versigtige en verantwoordelike bestuur van die hulpbronne wat aan ons sorg toevertrou is. So indien persone betrokke in die suiwelbedryf weet van ’n melkboer wat die toonbeeld van ’n goeie rentmeester van ’n melkplaas is, nomineer hom of haar vir die tweede jaarlikse The Dairy Mail Rentmeesterskapkompetisie om puik rentmeesters aan te wys.

Hierdie toekenning gee erkenning aan melkboere wat in al drie die afdelings van rentemeesterskap uitblink: sosiale en omgewingsrentmeesterskap asook winsgewendheid. Maar dit kan ook gebruik word as ’n hulpmiddel om te bepaal waar hulle tans staan ten opsigte van sekere rentmeesterskapaanwysers, soos watergebruik, waar daar ruimte vir verbetering bestaan, die nodige aksiestappe om te neem en hoe om vordering te meet. Daardeur stel ons boere in staat om voortdurend te verbeter, tot voordeel van die boer én die suiwelbedryf.

Die genomineerde boere moet in minstens een van die volgende terreine uitblink:

  • Is hy of sy ‘n goeie rentmeester van die grond?
  • Produseer hy of sy melk wat gesond, heilsaam en veilig is om te drink?
  • Word diere en mense op die plaas met sorg en bedagsaamheid behandel?
  • Bedryf hulle ’n winsgewende melkplaasonderneming?

 The Dairy Mail gebruik ’n aangepaste weergawe van ’n Amerikaanse stelsel om die rentmeesterskaptoekennings te beoordeel. Dit is ’n stelsel wat in 2010 ontwikkel is as die Amerikaanse suiwelbedryf se eerste poging om hul impak op die sosiale en omgewingsvlak asook op winsgewendheid te meet. The Dairy Mail het hierdie stelsel as basis gebruik en dit aangepas om rentmeesterskap sinvol in die Suid-Afrikaanse konteks te meet, en ons noem dit die MPO 3P Metric, omdat die MPO se strategiese visie – volhoubare melkboerderye vir almal – gebou is op die drie P’s soos ons hulle noem: people, planet, en profitability.

Die inskrywingsvorm is beskikbaar op die MPO se webwerf, asook op die webwerf van Agri Connect, waar The Dairy Mail gehuisves word.

Boere is oor die algemeen ’n bietjie skaam vir die kollig, so die inskrywingsvorm is so gestruktureer dat ’n boer deur iemand anders genomineer kan word – hetsy een van sy plaasbestuurders, of ’n insetverskaffer wat by die plaas betrokke is, of selfs deur sy melkkoper.

Inskrywings moet voor 30 Mei per e-pos ingedien word en beoordeling word gedurende Julie en Augustus op die plaas gedoen. Die wenner word dan by die nasionale MPO-galadinee in September bekend gemaak en in die Desember-uitgawe van The Dairy Mail met ’n omvattende artikel oor die boerdery-onderneming bekendgestel.

 

Einde

Vir navrae skakel Karen Grobler, skakelbestuurder by 082 774 7008.

Published on Wednesday, 18th April 2018 - 15:55

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer