WêRELDMELKDAGVIERINGE 2017

GESONDHEID…OP MELK!!

Die Melkprodusente-organisasie en verskeie ander rolspelers in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf het saam met 81 lande ter wêreld ‘n glasie of meer geklink op die voedingswaarde, natuurlikheid en veelsydigheid van melk tydens Wêreldmelkdagvieringe.

Vir die 17de opeenvolgende jaar word hulde gebring aan hierdie gesonde produk wat ‘n toenemende rol speel in die moderne verbruiker se daaglikse dieet en tot ’n gesonde leefstyl bydra, ongeag ’n persoon se ouderdom. Wêreldmelkdag is tydens 577 geleenthede wêreldwyd gevier met melkboere in Nieu-Seeland wat met sonsopkoms ‘n glasie melk geklink het tot melkboere in Hawai wat met sonsondergang ‘n glasie geklink het. Melk en suiwelprodukte se voordele is gevier tydens melkplaasbesoeke, fotografie kompetisies, sportbyeenskomste, karnivalle, dansvertonings, voedingskonferensies, proe-sessies en uitstallings.

http://www.worldmilkday2017.com/

Ofskoon die FAO 1 Junie uitgewys het as Wêreldmelkdag, vier die MPO melk by verskeie geleenthede tussen Mei en Augustus.

Vanjaar se Wêreldmelkdagvierings het op Woensdag, 24 Mei in styl afgeskop by Willow Valley-melkplaas in Cullinan. Kate Stilau van Willow Valley-melkplaas het ’n groep van 160 skoolkinders van Haakdoorn Primêre Skool in Onderstepoort op ‘n informele en interaktiewe manier vertel waar melk vandaan kom. Die kinders is die geleentheid gebied om twee jong kalwers – ’n bul en ’n vers – van naderby te sien en is vertel van die verskillende tipes melkbeeste wat in Suid-Afrika voorkom. Leerlinge is op ’n toer van die melkery geneem terwyl die koeie gemelk word en kon die melkproses self beleef. Kate het op ‘n eenvoudige en prettige wyse die reis van melk van die koei tot die winkelrak stappie vir stappie verduidelik en die kinders se vrae beantwoord.  Elke leerling het ’n botteltjie melk en ’n plakkaat ontvang wat die storie van melk illustreer, vanaf waar dit op die plaas gemelk word totdat dit in die yskas tuis beland. Die vier onderwysers het elk ’n plakkaat en ’n Onderwysgids om in die klas te gebruik, ontvang. Melk SA se Verbruikersonderrigprojek het die plakkate vir die kinders voorsien, asook bykomende opvoedkundige materiaal vir die onderwysers.

Die MPO het ‘n persverkaring uitgereik op 31 Mei met agtergrondinligting oor  Wêreldmelkdag,  waarom die MPO dit as belangrik beskou om die lof van melk te besing en ‘n uitnodiging gerig aan ieder en elk om ‘n glasie te klink op melk saam met die res van die wêreld!

Woodlands Dairy in Humansdorp in die Oos-Kaap het weereens deelgeneem aan  Wêreldmelkdag  feestelikhede deur vyf skole in die Oos-Kaap, Wes-Kaap en Kwa-Zulu Natal te besoek waar leerlinge op ‘n prettige manier ingelig is oor die voordele van melk soos gesonde bene en tande, die voorkoming van siektes soos osteoporose en ‘n sterk immuunstelsel. Leerlinge is op ‘n kort  “opvoedkundige toer” geneem om die melkstorie te verduidelik van die koei op die plaas tot by die verbruiker se huis. Milky Moo, Woodlands se handelsnaam First Choice se gelukbringerkoei  het vir vele glimlaggende gesiggies gesorg terwyl sy gehelp het om melk aan elke leerling uit te deel.

Melk SA het in “klink ‘n glasie” boodskappe gestuur aan geregistreerde dieetkundiges in Suid-Afrika vyf redes aangevoer hoekom suiwel in daaglikse diëte ingesluit moet word:

  • Slegs drie porsies suiwel gee jou liggaam omtrent al die kalsium wat dit per dag benodig.
  • Melk, maas en jogurt kan beskerming bied teen die ontwikkeling van hipertensie, diabetes en metaboliese siektes.
  • Die kalsium in suiwelprodukte is hoogs bio-beskikbaar wat aaansienlik bydra tot beenmineraalinhoud.
  • Die kalsium in melk, maas en jogurt kan ‘n belangrike rol speel in die regulering van liggaamsmassa en metaboliese sindroom.
  • Die voedingstofsamestelling van suiwelprodukte word geassosieer met ‘n verlaagde risiko vir hoë bloeddruk, kardio vaskulêre siektes en tipe 2 diabetes.

www.rediscoverdairy.co.za

www.dairygivesyougo.co.za

  • Skoolbesoeke in Kwa-Zulu Natal deur MPO personeel, melkboere en melkverwerkers waar die belangrike rol van melk in die daaglikse dieet op ‘n prettige wyse oorgedra word en melk uitgedeel word.
  • MPO personeel het Wêreld Melkdag op 14 Julie gevier deur wit te dra en saam ‘n glasie te klink op melk.

 

Published on Wednesday, 18th October 2017 - 22:14

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer