MPO

Voorsittersverslag, MPO Nasionale jaarvergadering – Veerkragtigheid en herontwerp

My mede melkboere,

Die afgelope jaar was gevul met soveel geleenthede en uitdagings as wat ek oor die jare van melkboerdery leer verwag het. Beter as gemiddelde reënval in die meeste dele van die land (die Oos-Kaap uitgesluit) het ons voorsien van vol damme en groot oeste, wat moontlik die enigste rede is waarom baie van ons – ekself inkluis – daarin geslaag het om in besigheid te bly.

’n Stotterende ekonomie met 44% werkloosheid maak handelsterme moeilik. Die rekord-laagtepunt van die verbruikersprysindeks kan nie byhou by die produsenteprysindeks nie, wat onvolhoubaar is. Plaashek-melkpryse is feitlik stagnant (1%–5%), terwyl sleutelinsette met 30%–50% gestyg het.

Gewasse wat nou geplant word, is minstens 40% duurder as in hierdie tyd verlede jaar, hoofsaaklik weens die hoër pryse van bemesting en energie; die omstandighede is dus uiters uitdagend. Die melkaanbod het vanjaar met 1,83% vir die eerste nege maande gedaal, en dit gaan nie moontlik wees om hierdie tendens om te keer nie tensy opbrengs op belegging verbeter. As gevolg hiervan is dit moontlik dat melkboere sal diversifiseer na ander gewasse en ondernemings met aantrekliker opbrengste.

Gegewe die veranderende omstandighede van ons bedryf, en op grond van wye konsultasie, het die direksie ’n intensiewe herstrukturering van die MPO onderneem. Bedryfsuitgawes is met nagenoeg twee derdes gesny, en ons het nou ’n organisasiestruktuur wat binne ons finansiële vermoë is, doelmatig en volhoubaar. Binne ’n paar weke gaan ons ’n nuwe hoof- uitvoerende beampte aanwys.

Dus, enkele positiewe aspekte wat ons bedryf vanjaar gekenmerk het:

  1. Ons bly ’n netto-uitvoerder van suiwelprodukte, wat na my mening beteken dat ons uiters mededingende produsente is, selfs onder die huidige omstandighede.
  2. Ten spyte van die verwoestende tol wat die Julie-onluste van ’n groot deel van die land geëis het, het ons werklik vinnig herstel. Sodra die paaie heropen het, het produksie begin vloei en ons het voortgegaan met dít wat ons die beste doen, naamlik om voedsel te produseer. Ek het simpatie met almal van ons wat sowat 1 miljoen liter melk moes stort, en vir die produksieverliese wat gely is, maar ek vermoed dit kon heelwat erger gewees het indien die georganiseerde landbou en patriotiese burgers nie hul beste voettjie voorgesit het nie.
  3. Ons silo’s en ons damme is ten minste vol, selfs al is dit nie die geval met ons bankrekenings nie.
  4. Die Internasionale Monetêre Fonds het onlangs Suid-Afrika se groei-voorspelling aangepas met tot 5% vir die jaar, alhoewel dit vanaf ’n lae basis is.
  5. Namate ons bedryf verander, verander ons boerderybesigheid ook. Ons is van die goedkoopste produsente ter wêreld met van die grootste kuddes, en volgens die syfers van verskeie studiegroepe raak ons steeds beter.
  6. Al hoe meer produsente investeer in die sekondêre bedryf en makelaarsgroepe. Dit behoort ’n goeie ding te wees indien ons ons eenheid as hefboom kan gebruik om die invoer van melk te ontmoedig wanneer dit nie absoluut noodsaaklik is nie.

Daar is steeds baie werk te doen om ons omstandighede as boere en die MPO te verbeter, maar ek glo vas die ergste is nou verby.

Ek wil graag al ons lede bedank vir hul ondersteuning en aanmoediging regdeur hierdie uitdagende jaar. Ek wil ook die direksie bedank, en by name ons ondervoorsitter, Zola Gebeda, en vir Fanie Ferreira wat bereid wat om sy plaas en sy huis te verlaat en na Pretoria te verhuis om as uitvoerende hoof waar te neem gedurende die fase van herstrukturering. Fanie, ons is baie dank aan jou verskuldig vir die opofferings wat jy en Marietjie gemaak het. Baie dankie!

Aan die personeel van die MPO, insluitende diegene wat afgelê is of afgetree het, baie dankie vir jul jare van diens aan die melkboere. Julle bydrae word hoog waardeer.

Ek is diep onder die indruk van die uitdagende tye wat ons tans beleef, maar ek weet ons is ’n veerkragtige en vindingryke klomp wat waarskynlik steeds hier gaan wees wanneer die goeie tye aanbreek. Baie dankie aan julle.

Hartlike geluk aan die wenner van die MPO Nedbank Rentmeesterskap-toekennings 2021, Andrew Morphew van Colbourne Farm by Howick, en aan die wenner van The Dairy Mail Innovasietoekennings 2021, Hive Carbon met Biochar.

Welgedaan aan ons waardige wenners!

Published on Thursday, 21st October 2021 - 04:27

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer