Wêreld-melkdag 1 Junie 2019 – Klink ’n glasie op melk!

Die Melkprodusente-organisasie neem weer vanjaar saam met meer as 70 lande deel aan die Wêreld-melkdagvieringe – #worldmilkday / #enjoydairy met die slagspreuk Melk: ’n simfonie van voedingstowwe in elke druppel!

1.  Wêreld-melkdag word beskou as ’n hoogtepunt op die MPO se kalender. Waarom is dit so belangrik om die dag te vier?

Die suiwelbedryf speel ’n baie belangrike rol in Suid-Afrika se ekonomie en lewer ’n aansienlike bydrae tot die land se voedselsekuriteit. Die MPO gee tydens die Wêreld-melkdagvieringe erkenning aan ons melkboere en die veelsydige, heilsame produk wat hulle produseer.

2.  Wat doen die MPO alles vanjaar om ’n glasie te klink op melk?

i. ’n Mediaveldtog word geloods om bewustheid te skep van die veelsydigheid van suiwel.

ii. Groepe skoolkinders bring twee besoeke aan Willow Valley Dairy in Rayton waar hulle vertel en gewys word waar melk vandaan kom. Hulle kry die geleentheid om nader kennis te maak met kalfies en koeie, en besoek die melkstal waar hulle sien hoe die koeie gemelk word. Opvoedkundige materiaal deur Melk SA se Verbruikersopvoedingsprojek word aan onderwysers en leerlinge voorsien.

iii. Die MPO bevorder melk as die beste keuse vir ’n sportdrankie in samewerking met Melk SA se Verbruikersopvoedingsprojek by Crossfit Radium in Centurion. Melk van Clover en gegeurde melk van Woodlands gaan aan elke moeë crossfitter uitgedeel word by die middagklasse.

iv. Op 1 Junie besoek ons die Irene Atletiekklub tydens hulle voor-Comrades-marathon-funksie om die atlete te vertel hoe voordelig melk voor en na wedlope is. Elke Comrades-deelnemer kry ’n Woodlands sjokolademelkie in hulle goodie bags wat saamgaan marathon toe.

3.  Hoekom is melk so ’n goeie sportdrankie?

Melk is ’n ongelooflike goeie bron van energie – dis ’n kragtige brandstof, dit dra by tot vinniger herstel van sportbeseringsen help met die bou van spiere. Die elektroliete en koolhidrate in melk maak daarvan die ideale hersteldrankie ná ’n intensiewe oefensessies.

4.  Hoe kan die res van ons Wêreld-melkdag vier?

Die waarde van melk en melkprodukte as deel van ’n gesonde leefstyl word wêreldwyd gevier deur verskeie aktiwiteite. Doen gerus mee!

  • Drink melkskommels, cappuccino’s en smoothies en eet joghurt – neem foto’s en video’s terwyl jy dit geniet en deel dit op sosiale media – #worldmilkday op 1 Junie
  • Berei ’n spesiale ete voor met net suiwelprodukte op die spyskaart
  • Skenk suiwelprodukte aan welsynsorganisasies
  • Besoek ’n melkplaas
  • Neem foto’s van melkkoeie en kalfies en deel dit op sosiale media – #worldmilkday op 1 Junie

Drink saam met die MPO ’n heildronk op melk op 1 Junie!
Navrae: Barbara Bieldt, barbara@mpo.co.za / 083 235 2629

Published on Tuesday, 28th May 2019 - 14:00

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer