World Milk Day 2018 – Feedback (Afrikaans)

20 Junie 2018
Vir onmiddellike vrystelling

Persvrystelling uitgereik deur dr. Chris van Dijk, uitvoerende hoof van die Melkprodusente-organisasie (MPO).

Klink ’n glasie op melk

Wêreldmelkdag is in 2001 geïnisieer deur die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), wat die verbruik van melk en suiwel aktief bevorder as deel van ’n daaglikse dieet. Alle aspekte van melk word in baie lande regoor die wêreld gevier, en die aantal lande en die aktiwiteite neem jaarliks toe.

Tot dusver is ’n totaal van 586 geleenthede reeds op die amptelike Wêreldmelkdag-webwerf opgeteken as deel van die 2018 vierings – sien https://worldmilkday.org/.

In aansluiting by die wêreldwye vierings het die MPO met Melk SA se Verbruikeropvoedingsprojek (CEP) saamgewerk om melk te bevorder as voorkeur-sportdrankie. Sportmanne en -vroue regoor die wêreld maak toenemend gebruik van melk en suiwelprodukte as brandstof, vir vinniger herstel van beserings, om by te dra tot spierbou, en as ’n hersteldrankie ná intensiewe oefensessies.

Crossfit-beoefenaars by Crossfit Radium in Centurion het die eienskappe van melk gevier deur op 31 Mei blou en wit hemde na hul oefensessies te dra, en elke atleet het agterna 500 ml volroommelk van Clover ontvang. Christine Leighton en Maretha Vermaak van Melk SA se CEP was byderhand om vrae te beantwoord oor die veelsydigheid van suiwelprodukte en die uitnemende redes waarom atlete hulle tot suiwelprodukte behoort te wend.

Die MPO-personeel het Wêreldmelkdag op 1 Junie gevier met ’n besoek aan die welbekende pryswenner-kaasmakery Belnori Boutique Cheesery by Bapsfontein. Die eienaars, Norman en Rina Belcher, het die personeel op ’n toer deur die plaas en kaasmakery geneem om kennis te maak met die kaasmaakproses. Die span se kennis van melk en kaas is op die proef gestel in ’n blinde proetoets van verskillende tipes melk en kaas.

Die personeel was verras om agter te kom hoe eenvoudig dit is om suiwelprodukte te maak toe hulle die kans gekry het om hul eie ricotta en paneer te maak. Die grootste toets van die spanne se vaardighede was toe elke span hul eie kaasbord moes saamstel deur gebruik te maak van die verskeidenheid kase en aanvullende produkte wat deur die Belchers verskaf is. Hierdie leersame dag is afgesluit met die personeel wat rondom hul kaasborde feesgevier het.

Skoolkinders was ook betrokke by vanjaar se vierings. Op Dinsdag 12 Junie het die MPO KZN ’n baie geslaagde geleentheid by die Northern Park Primêre Skool in Pietermaritzburg gehou.

Melkboer Colin Wellbeloved het vir die leerders vertel waar melk vandaan kom en waarom kinders daagliks suiwelprodukte nodig het om gesond, aktief en slim te wees. Die hoogtepunt van die oggend was toe elke leerder ’n handige sakkie volroom- UHT-melk ontvang het wat deur Orange Grove Dairy geskenk is.

Die waarde van melk en melkprodukte as deel van ’n gesonde leefstyl is wêreldwyd gevier deur aktiwiteite soos:

  • spesiale etes met slegs suiwelprodukte op die spyskaart;
  • skenkings van suiwelprodukte aan welsynsorganisasies;
  • foto’s en video’s wat op 1 Junie op sosiale media gedeel is van mense wat suiwelprodukte geniet;
  • besoeke aan melkplase;
  • foto’s van fotogeniese melkkoeie en kalfies; en
  • sportgeleenthede soos marathons waar die rol van melk as ’n sportdrankie beklemtoon is.

Kry ʼn kykie in al die feestelike aktiwiteite en foto’s op sosialemedia-kanale deur #WorldMilkDay te gebruik.

Vir meer inligting kan Barbara Bieldt gekontak word by 083 235 2629.

 

EINDE

Published on Wednesday, 20th June 2018 - 14:00

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer