KOSTE VAN KRAGVOER KELDER MARGES IN DIE PRIMÊRE SUIWELBEDRYF

MPO Aanwyser 10/24 Augustus 2020

Die grafiek hieronder illustreer duidelik die styging in die konsentraatgedeelte van die voerkoste (30% soja en 70% geelmielies) vanaf 2018 tot Julie 2020, gebaseer op SAFEX pryse. Die huidige vlak van veral die geelmielieprys word ondersteun deur uitvoerpariteit wat die verwagte effek van die groot mielie-oes neutraliseer. Melkkopers wat verwag het dat die groot mielie-oes goedkoop onverwerkte melk beskikbaar gaan stel, sal dus dringend moet herbesin.

Bron: JSE, Komoditeitsafgeleides, 30% soja’s en 70% geelmielies

Die onderstaande tabel toon die pryse van toekomskontrakte op SAFEX en dit is duidelik dat die huidige pryse vir die toekoms inplek bly en selfs verder styg. Markspelers verwag dus dat beide geelmielie- en sojapryse sterk ondersteuning gaan kry vanaf uitvoerparitiet en dat die pryse hoog gaan bly ten spyte van die groot oes. Onlangse graaninvoere deur China het internasionale pryse gestut en die voorskrif van die Chinese president bekend as die ‘Skoonbord-veldtog’ om voedselvermorsing teen te werk, het internasionale kommoditeitshandelaars die vraag laat vra of voedselsekuriteit in China onder druk is?

Tabel 1: SAFEX geelmielie- en sojakontrakte R/t soos op 21 Augustus 2020

Bron: JSE, Komoditeitsafgeleides

Die hoër graanpryse het dadelik die melk-tot-voerprysverhouding tot 1,3:1 afgedruk wat vir die meeste melkplase beteken dat daar geen marge oorbly nie. Dit gaan onmiddelik die suiwelprodusent se vermoë om optimaal te produseer, voordelige arbeids- en hulpbronbewaringspraktyke toe te pas inhibeer.

Bron: SAFEX en MPO berekening

Opsommend
In die vorige MPO Aanwyser (9) verlede week, is daar volledig ontleed en aangedui dat daar voldoende marges laer af in die waardeketting teenwoordig is om ten minste die huidge produsentepryse te handhaaf. Heelaas is daar reeds melkkopers wat pryse verlaag het en ander wat aangedui het dat pryse einde Augustus gaan verlaag. Teen bogenoemde agtergrond en die feite soos weergegee in MPO Aanwyser 9, is daar eerder gronde vir ʼn prysverhoging en nie -verlaging nie. Die MPO beplan om hierdie week wye samesprekings te voer met melkkopers om die huidige toedrag van sake te bespreek. Die MPO is verbind om die debat rakende pryse in die waardeketting objektief en dinamies te beïnvloed gebaseer op werklike ekonomiese feite en in belang van die hele waardeketting. Ons sal dié benadering uitput voordat ons ander strukture nader.

Bertus van Heerden, hoofekonoom, Melkprodusente-organisasie (MPO)

Laai die MPO Aanwyser 10 24 Aug 2020_Finale pdf hier af

Published on Monday, 24th August 2020 - 16:49

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer